Debuut

MOFFIE

MET David Viviers TEKS EN VERWERKING Philip Rademeyer REGIE Greg Karvellas BELIGTINGSONTWERP Kieran McGregor KLANKONTWERP Charl-Johan Lingenfelder PRODUKSIEBESTUURDER Luke Ellenbogen VERVAARDIGER Greg Karvellas for The Common Humanity Arts Trust

Ondersteun deur die Common Humanity Arts Trust (CHAT).
Oudtshoorn Burgersentrum

Datums:

2027-03-23 11:00:00
2027-03-25 16:30:00
Engels
Geen o. 16 T, G, S, V
85 min.
RXXX (vooraf) • RXXX (Vriende van die KKNK) • RXXX (by die deur)
Bekroon met die Woordtrofee vir beste akteur by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2026.

MOFFIE het in 2024 sy wêreldpremière in Londen gehad en uitstekende resensies ontvang, waaronder ’n vyfster-resensie van The Guardian. Dit is gevolg deur ’n uitverkoopte speelvak by die Baxter-teater en ’n speelvak by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2026, waar David Viviers groot lof van kritici ontvang het en met die Woordtrofee as beste akteur bekroon is. Hy lewer ’n indrukwekkende vertolking in dié eenmanvertoning oor identiteit, manlikheid, onderdrukking en die blywende letsels van geïnstitusionaliseerde geweld. Die verhaal speel af teen die wrede agtergrond van diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag gedurende die 1980’s. Hierdie verwerking van André Carl van der Merwe se roman ontbloot ’n wêreld waar konformiteit wet is en andersheid met geweld begroet word. ’n Groot deel van die verhaal speel op Oudtshoorn af – wat KKNK-feesgangers die besondere geleentheid bied om dié aangrypende drama te beleef in die dorp waar dit afspeel.